Bagel

'n Gewone bagel

Die term bagel (afgelei van die Jiddisje בײגל beygl) verwys na 'n soort rolletjie wat tradisioneel van gegiste deeg gemaak en in die vorm van 'n kring gebak word, nadat dit vooraf in water gekook is. Die gebak is sag en het gewoonlik 'n bros goudbruin kors. Bagels word dikwels met papawer of sesamsaad bestrooi.

Veral in Kanadese en Amerikaanse stede met groot Joodse gemeenskappe soos Montreal en New York Stad het bagels die belangrikste soort brood geword - dié twee stede het ook lankal hul eie plaaslike bagel-variant ontwikkel. Vermoedelik is bagels al omtrent 1610 deur 'n Joodse bakker in Kraków (Pole) uitgevind en later deur Joodse immigrante na Kanada en die Verenigde State gebring. Bagels is aanvanklik net in plaaslike bakkerye aangebied, maar nadat die eerste bagel-bakkers hulle produkte as bevrore bagels in supermarkte aangebied het, het hierdie broodjies vinnig dwarsoor die VSA en Kanada en later ook in oorsese lande gewild geraak. Die oorspronklike bagels is daarnaas nog steeds baie gewild in lande soos Pole en Litaue.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search